Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25 min.

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, gekneus

5 cm-stuk gemmer, gerasper

500 g beesmaalvleis

30 ml (2 e) matige kerriepoeier

2 lourierblare

125 ml (½ k) rosyntjies

250 ml (1 k) beesaftreksel

sout en vars gemaalde swartpeper

1 eier

2,5 ml (½ t) borrie

45 ml (3 e) melk

nacho’s en guacamole vir voorsit

1. Verhit die olie in ’n groot, diep pan oor matige hitte. Braai die ui 3 min. terwyl jy roer of tot sag. Voeg die knoffel en gemmer by en braai nog 2 min. of tot geurig.

2. Voeg die maalvleis by en breek dit met ’n houtlepel in stukke. Braai 5 min. tot bruin. Roer die kerriepoeier, lourierblare en rosyntjies by en braai nog 2 min. Roer die beesaftreksel by.

3. Geur met die sout en peper en laat dan 10 min. saggies prut. Klits die eier, borrie en melk saam in ’n bak. Verwyder die pan van die hitte en roer die eiermengsel daarin. Braai nog 10 min.

4. Sit saam met die nacho’s en guacamole voor.