Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 35-40 min.

VULSEL

15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

500 g maer beesmaalvleis

30 ml (2 e) geroosterde kerrie

2 ml (½ t) fyn koljander

15 ml (1 e) blatjang

45 ml (3 e) appelkooskonfyt

sout en vars gemaalde peper

PASTEIE

1 rol skilferkorsdeeg

1 eier, geklits

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Vulsel Verhit die olie in ’n kastrol en braai die uie en knoffel tot geurig. Voeg die maalvleis by en roerbraai 1 min.
  2. Voeg die speserye, blatjang en appelkooskonfyt by en roerbraai tot geurig. Geur na smaak met die sout en peper. Skep uit die kastrol en laat afkoel.
  3. Pasteie Rol die deeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit en sny in 8 gelyke reghoeke.
  4. Skep van die mengsel in die middel van een van die blokke. Verf ’n bietjie geklitste eier rondom, sit nog ’n deegblok bo-op en druk die kante met ’n vurk vas.
  5. Herhaal met die res van die deeg en vulsel.
  6. Pak die pasteie op die bereide bakplaat en bak 20-25 min. of tot goudbuin en gaar in die verhitte oond. Sit saam met tamatiesous voor.