VIR VIER PERSONE

2 knoffelhuisies, gekap

30 ml (2 e) kerriepoeier

5 ml (1 t) elk borrie, koljander en komyn

15 ml (1 e) olie

500 g maalvleis

45 ml (3 e) blatjang

sout en peper

250 ml (1 k) ertjies

½ rol filodeeg

30 ml (2 e) botter, gesmelt

250 ml (1 k) melk

2 eiers

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Braai die knoffel en speserye in die olie tot geurig. Voeg die vleis by en braai tot gaar.
  2. Geur met die blatjang, sout en peper. Meng die ertjies by.
  3. Verf die filovelle met botter, plak dit op mekaar en voer die pan daarmee uit.
  4. Vul die filokors met die vleis. Klits die melk en eiers en giet oor.
  5. Bak 20 minute. Sit voor met koljanderrys en sambals.

WENK: Maak ’n sambal van gekapte tamatie, uie en koljander.