Genoeg vir 4-6 mense

2 snye witbrood, korsies verwyder

100 ml melk

30 ml (2 e) olyfolie

1 kg maalvleis

1 ui, fyn gekap

1 groot wortel, gerasper

40 ml matige kerriepoeier

10 ml (2 t) borrie

30 ml (2 e) appelkooskonfyt

30 ml (2 e) rosyne

sap en skil van een suurlemoen

sout en vars gemaalde swartpeper

3 eiers

200 ml room

3-5 lourierblare

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Week die witbrood in die melk en hou eenkant.

Verhit die helfte van die olie in ’n kastrol en braai die vleis tot gaar.

Skep uit.

Verhit die res van die olie en braai die ui, wortel, kerriepoeier en borrie ’n paar minute.

Skep die vleis by die uiemengsel en roer die geweekte brood (met melk), appelkooskonfyt, rosyne, suurlemoensap en -skil by die mengsel.

Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en skep in ’n gesmeerde oondbak.

Klits die eiers en room, geur met sout en giet oor die maalvleismengsel.

Druk die lourierblare in die roommengsel (laat dit regop staan) en bak sowat 30-40 minute of tot gaar.

Sit voor saam met rys en ingelegde beet.