Lewer sowat 12 broodjies

Bereidingstyd: 30 minute

1 gesnyde witbrood, korsies verwyder

125 ml (½ k) appelkooskonfyt

125 ml (½ k) sagte botter

10-15 ml (2-3 t) Marmite

250 ml (1 k) fyn biltong

  1. Maak toebroodjies met die brood en appelkooskonfyt.
  2. Meng die botter en Marmite en smeer buite-om.
  3. Druk vormpies uit die broodjies met koekiedrukkers, of sny die broodjies soos verkies.
  4. Smeer die kante van die broodjies goed met die orige bottermengsel.
  5. Rol die broodjies in die biltong tot oraloor bedek.