Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 40 min.

45 ml (3 e) olie

2 uie, in skywe gesny

2 cm-gemmer, gerasper

8 knoffelhuisies, gekap

1 kaneelstok

4 groen brandrissies, gekap

2 kardemompeule

2 naeltjies

1 kg braaibiefstuk (of soortgelyk)

400 g-blik gekapte tamaties

15 ml (1 e) matige kerriepoeier

5 ml (1 t) fyn koljander

’n hand vol koljanderblare

sout en peper

1.    Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die uie by en verbruin deeglik. Skep die gemmer en knoffel in, en vinnig daarna die kaneelstok, brandrissies, kardemom en naeltjies. Voeg 100 ml koue water by en kook 2 min. terwyl jy aanhoudend roer en die geure laat meng.

2.    Geur die beesvleis met sout en peper. Stel die hitte op hoog en voeg dan die vleis in die pan en bedek die vleis met die speserye. Bedek en braai 15 min. oor lae hitte.

3.    Voeg die tamaties, kerriepoeier en koljander by saam met 500 ml (2 k) water. Geur met sout, roer, en bedek dan en kook nog 15. min. oor baie lae hitte. Strooi die koljanderblare oor