Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Sampioensous

45 ml (3 e) meel

45 ml (3 e) botter

250 ml (1 k) melk

410 g (1 blik) sampioenstukke en -stele

1 blokkie beesvleisaftreksel

sout en peper na smaak

Vleis

45 ml (3 e) gegeurde meel

800 g kitsbiefstukke  (lendestuk)

15 ml (1 e) botter

30 ml (2 e) rooiwyn (opsioneel)

100 g gerookte biefstuk, in dun skywe gesny (of enige koue vleis)

250 ml (1 k) cheddar en mozzarella, gemeng

Maak so

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Sampioensous

Plaas die meel en botter in ’n kastrol op medium hitte en roer aanhoudend tot die mengsel effens goudkleurig is.

Voeg die melk by terwyl jy roer sodat klonte nie vorm nie.

Voeg eers die sampioene en dan die aftrekselblokkie by, geur en laat prut 5 minute tot dik.

Vleis Gooi die gegeurde meel saam met die biefstukke in ’n plastieksak en skud.

Smelt die botter in ’n pan op hoë hitte. Voeg die biefstuk by en verbruin 5 minute aan weerskante.

Voeg die wyn by indien jy dit gebruik.

Voeg die sampioensous by en laat prut 5 minute.

Plaas die vleis en sous in vier oondvaste bakke, en bedek dit met die gerookte biefstuk en kaas. Bak tot die kaas gesmelt het.

Geniet saam met warm gesnyde brood.

Foto: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter.