Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

500 g beesvleiskruisstuk

olie

2 wortels, in vuurhoutjiegrootte-stukkies gesny

1 elke rooi en groen soetrissies, in dun repe gesny

4 sprietuie, in skywe gesny

450 g noedels, gekook

60 ml (¼ k) hoisinsous

30 ml (2 e) sojasous

125 ml (½ k) beesvleisaftreksel

45 ml (3 e) sesamsaad

  1. Sny die beesvleis in skywe teen die grein. Strooi ’n bietjie olie oor die beesvleis en meng goed.
  2. Verhit ’n braaipan of wok en roerbraai die beesvleis in sarsies tot goed verbruin. Sit eenkant.
  3. Verhit weer die pan of wok, voeg ’n bietjie olie by en verminder die hitte tot matig. Voeg die wortels en soetrissies by en kook 1 minuut. Roer die sprietuie in, voeg die noedels by en roerbraai tot die noedels warm is.
  4. Sit die beesvleis terug in die pan of wok. Meng die hoisin- en sojasous en giet dit saam met die aftreksel in die pan of wok. Verhit, bestrooi met sesamsaad en sit dadelik voor.