Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

15 ml (1 t) olie

1 rooi ui, in skywe gesny

500 g beesvleisrepe

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

2 ml (½ t) paprika

2 ml (½ t) fyn komyn

2 ml (½ t) droë brandrissievlokkies

sout en peper

1 blik (400 g) Mexikaanse styl gekapte tamaties

1 blik (400 g) rooi nierbone

nacho-skyfies

125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas

1 avokado, fyngemaak

’n hand vol vars koljander, gekap

  1. Verhit die olie in ’n groot kastrol en soteer die ui tot deurskynend. Voeg die beesvleis by en soteer tot goed verbruin. Voeg die brandrissiepoeier, paprika, komyn, brandrissievlokkies, sout en peper by. Roer tot goed gemeng.
  2. Voeg die tamaties en bone by en verminder die hitte tot laag. Laat prut 10 minute.
  3. Plaas ’n laag nacho’s op ’n hittebestande platbord en skep die beesvleis bo-oor. Strooi die kaas oor en mikrogolf 30 sekondes op hoog of tot die kaas gesmelt het. Sit voor bedek met fyn avokado en gekapte koljander.