Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

Genoeg vir 6 mense

15 ml (1 e) olie

1 kg beesvleis-ghoelasj

250 g spekvleis, gekap

2 uie, in skywe gesny

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

60 ml (¼ k) tamatiepasta

410 g (1 blik) gekapte tamaties

375 ml (1½ k) water

skil van 1 suurlemoen

sout en peper, na smaak

Mieliebrood

500 ml (2 k) polenta of pap

’n knippie sout

15 ml (1 e) suiker

10 ml (2 t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) koeksoda

250 ml (1 k) karringmelk of suurmelk

2 eiers

400 g (1 blik) roommielies

30 ml (2 e) olie

1.    Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit olie in ’n pot oor hoë hitte. Voeg die beesvleis by en braai 5 minute tot goed verbruin. Voeg die spekvleis by en braai 2 minute terwyl jy roer. Roer die uie, soetrissie, tamatiepasta, tamaties en water in. Bring tot kookpunt en verminder die hitte tot laag. Bedek en laat ’n uur prut of tot die vleis sag is.

2.    Haal die deksel af, voeg die suurlemoenskil by en laat prut ’n halfuur of tot die sous verdik het. Haal die vleis uit die pot en vlok met ’n vurk. Sit die vleis in die pot terug en geur met die sout en peper na smaak. Verhit vyf minute oor lae hitte.

3.    Mieliebrood Smeer ’n 20-cm-broodpan. Meng die polenta, sout, suiker, bakpoeier en koeksoda. Meng die karringmelk, eiers, mielies en olie in ’n groot bak. Meng die droë bestanddele by die karringmelkmengsel in en roer tot goed gemeng. Giet die beslag in die broodpan en bak 40 minute of tot gaar in die middel.