Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 2 uur

15 ml (1 e) botter

30 ml (2 e) olie

2 uie, in skyfies gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

600-700 g beesstowevleis, in klein blokkies gesny

sout en vars gemaalde

peper

60 ml (¼ k) koekmeel

30 ml (2 e) tamatiepasta

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

500 ml (2 k) beesvleisaftreksel

15 ml (1 e) suiker

500 g skilferkorsdeeg

1 eiergeel

  1. Verhit die botter en 15 ml (1 e) van die olie in ’n middelslagkastrol. Braai die uie en knoffel tot gekaramelliseer.
  2. Skep uit en hou eenkant.
  3. Geur die vleis met sout en peper en sprinkel die meel oor. Verhit 15 ml (1 e) olie in die kastrol en braai die vleis in sarsies tot effens bruin. Voeg die uiemengsel en tamatiepasta by die vleis en roerbraai ’n minuut.
  4. Voeg die gekapte tamaties en aftreksel by en laat prut ongeveer 1 uur en 40 min. tot die vleis sag is. Voeg af en toe nog water by en roer sodat dit nie vasbrand nie. Geur met die sout, peper en suiker na smaak. Skep die vleis in ’n pasteibak of in 4 kleiner bakkies.
  5. Verhit die oond tot 180 °C. Rol die deeg liggies uit, dieselfde grootte as die pasteibak of -bakkies en druk bo-op die vleis vas. Verf met die eiergeel en bak 20 min. in die verhitte oond.
  6. Sit voor saam met ’n vars tamatieslaai en heelkorrelmosterd

Vervang die stowevleis met maalvleis en verminder die gaarmaaktyd op die stoof tot 20 minute.