Samantha Nefdt van Rugby, Kaapstad, het hierdie resep met ons gedeel.

Genoeg vir 4 Mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

VULSEL

800 g beesdy, in blokkies gesny

sout en peper

15 ml (1 e) olie

1 groot ui, gekap

1 groot knoffelhuisie, fyngedruk

1 blik (410 g) tamaties

30 ml (2 e) tamatiepasta

250 ml (1 k) water

1 groot wortel, in stukke gesny

2 selderystele, in stukke gesny

200 g groenbone, in stukke gesny

knippie suiker

hand vol gekapte pietersielie

KORS

750 ml (3 k) bruismeel

5 ml (1 t) sout

60 ml (¼ k) gekapte pietersielie

60 g botter

250 ml (1 k) melk

  • Voorverhit die oond tot 220 °C.
  • Smeer ’n oondbak.

  1. VULSEL Geur die vleisstukkies met sout en peper en braai bietjie vir bietjie in verhitte olie tot bruin buiteom.
  2. Voeg die ui en knoffel by en roerbraai tot sag.
  3. Voeg die tamaties, tamatiepasta en water by, verlaag die hitte en laat prut sowat 30 minute tot die vleis amper sag is.
  4. Voeg die groente by en laat prut tot net gaar en geurig en die sous amper afgekook is.
  5. Geur na smaak met sout, peper, suiker en pietersielie. Skep in die oondbak.
  6. KORS Sif die meel en sout in ’n groot bak, voeg die pietersielie by en vryf die botter in. Voeg net genoeg melk by om ’n sagte deeg te vorm. Knie effens, rol sowat 2 cm dik uit en plaas oor die vleis.
  7. Bak sowat 20 minute of tot goudbruin en gaar.