Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1½ uur

45 ml (3 e) olie

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

2 uie, fyn gekap

½ stingel suurlemoengras, gekap

3 lourierblare

30 ml (2 e) kerriepoeier

5 ml (1 t) borrie

700 g beesvleis, in blokkies gesny

1 liter (4 k) hoenderaftreksel

15 ml (1 e) suiker

15 ml (1 e) tamatiepasta

45 ml (3 e) bruinuie-soppoeier

3 aartappels, in blokkies gesny

2 wortels, in skywe gesny

  1. Verhit die olie in ’n pot oor matig-lae hitte. Voeg die ui, knoffel, suurlemoengras en lourierblare by om die olie te geur. Braai ’n paar minute. Stel dan die hitte laer en voeg die kerriepoeier en borrie by. Roer tot goed gemeng.
  2. Voeg die beesvleis, hoenderaftreksel, suiker en tamatiepasta by. Stel die hitte hoër en bring die mengsel tot kookpunt. Sodra dit kook, roer die mengsel,  stel die hitte weer op matig, en bedek. Laat die kerrie 1 uur prut.
  3. Roer die soppoeier in volgens die aanwysings op die verpakking. Voeg die aartappels en wortels by en kook nog 20 min. of tot die aartappels sag is