Lewer 8

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

15 ml (1 e) olie

15 ml (1 e) bruinsuiker

500 g beesvleis-ghoelasjblokkies

45 ml (3 e) tamatiepuree

1 blik (400 g) gekapte tamaties

3 wortels, in skywe gesny

1 ui, gekap

250 ml (1 k) beesvleisaftreksel

60 ml (¼ k) braaisous

sout en vars gemaalde swartpeper

1 Chinese kool

aartappelslaai vir voorsit

1 Verhit die olie in groot kastrol, voeg die suiker by, kook ’n minuut en verbruin dan die beesvleis in die kastrol.

2 Voeg die tamatiepasta, tamaties, wortels, ui, aftreksel en braaisous by. Laat prut 1 uur of tot die vleis sag is. Geur met sout en peper.

3 Skei 8 koolblare en blansjeer in kookwater. Skep die beesvleisbredie in die middel van die koolblare en rol in pakkies.

4 Sit voor met aartappelslaai.

- Hope Malau