Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 2½ uur

30 ml (2 e) olie

500 g biefghoelasj

1 ui, gekap

3 wortels, gekap

4 knoffelhuisies, fyngedruk

500 ml (2 k) biefaftreksel

60 ml (¼ k) tamatiepuree

5 ml (1 t) fyn kaneel

’n hand vol vars pietersielie, gekap

1 kg patats, in blokkies gesny

20 g botter

60 ml (¼ k) gerasperde cheddar

  1. Verhit die olie in ’n groot pan oor hoë hitte. Voeg die beesvleis by en verbruin  5 minute. Verminder die hitte, voeg die ui by en kook 2 minute terwyl jy roer. Voeg die wortels en knoffel by en kook 3 minute of tot geurig.
  2. Voeg die aftreksel, tamatiepuree, kaneel en pietersielie by. Bring tot kookpunt en laat prut 1 uur bedek.
  3. Verwyder die deksel en laat prut nog ’n uur of tot die vleis sag is. Verplaas die bredie na ’n oondvaste bak.
  4. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  5. Kook die patat tot sag. Dreineer en maak fyn saam met die botter. Skep oor die vleis in die bak, strooi die kaas oor en bak 20 minute of tot goudkleurig.