Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 2 uur

500 g stowebeesvleis, in blokkies gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

45 ml (3 e) olie

3 preie, in skywe gesny

1 ui, gekap

4 knoffelhuisies, gekap

4 wortels, in skywe gesny

60 ml (¼ k) tamatiepasta

125 ml (½ k) rooiwynasyn

1 blik (410 g) heel tamaties

750 ml (3 k) beesvleisaftreksel

4 takkies tiemie

gaar rys vir voorsit

1 Geur die beesvleis met die sout en peper. Verhit die olie in ’n groot pot oor hoë hitte en verbruin die vleis klompie vir klompie. Sit die vleis eenkant op ’n bord.

2 Verminder die hitte en voeg die preie, ui, knoffel en wortels in die pot. Kook 5 minute of tot sag. Roer die tamatiepasta in en sit weer die vleis in die pot. Voeg die asyn, tamaties, aftreksel en tiemie by. Bedek en laat prut 2 uur of tot die vleis sag is.

3 Sit voor op die rys.

- Hope Malau