Genoeg vir 6 mense

Weektyd: Oornag

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 2 uur

500 g (2 k) stampmielies en bone

30 ml (2 e) meel

sout en peper

1 kg stowebeesvleis

30 ml (2 e) olie

4 wortels, in skywe gesny

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

4 aartappels, geskil en in blokkies gesny

2 blikke (400 g elk) sampioensop

1 Week die stampmielies en bone oornag in water.

2 Kook 2 uur of tot sag en tot al die water geabsorbeer is in pruttende water.

3 Geur intussen die meel met sout en peper en bestrooi die beesvleis met die meel.

4 Verhit die olie in ’n kastrol. Wanneer warm, verbruin die vleis klompie vir klompie. Sit al die vleis in die kastrol terug, voeg die wortels by en kook 2 minute terwyl jy roer.

5 Giet die aftreksel in en laat prut sowat 1 uur of tot die vleis sag is.

6 Voeg die aartappels en een blik van die sampioensop by. Laat prut 20 minute of tot die aartappels gaar is.

7 Wanneer die stampmielies en bone gaar is, voeg die tweede blik sampioensop by, maak deurwarm en sit saam met die beesvleisbredie voor.

- Hope Malau