Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

Genoeg vir 4-6 mense

30 ml (2 e) olyfolie

500 g beesvleis

1 ui, gekap

250 ml (1 k) beesvleisaftreksel

250 g sampioene, in skywe gesny

10 ml (2 t) suurlemoen-swartpeper black lemon pepper

500 ml vars room

1.    Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die vleis tot bruin. Haal uit en sit eenkant.

2.    Sit die ui in dieselfde kastrol en soteer tot goudbruin.

3.    Sit die vleis terug in die kastrol, voeg die aftreksel by en laat prut oor lae hitte tot die beesvleis sag is.

4.    Voeg die sampioene, suurlemoen-peper lemon pepper en room by en laat prut vir nog 2 minute. Sit voor saam met rys of pasta.