Genoeg vir 6

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

500 g biefstuk

sout en vars gemaalde swartpeper

30 ml (2 t) olie

1 rooi ui, gesny

1 groen en een rooi soetrissie, gesny

2 wortels, gekap

875 ml (3½ k) broccoli-blommetjies

2 knoffelhuisies, gemaal

5 ml (1 t) gerasperde vars gemmer

2 ml (½ t) lemoenskil

125 ml (½ k) vars gedrukte lemoensap

30 ml (2 t) sojasous

gekookte noedels vir voorsit

1    Verhit ’n groot pan of wok oor hoë hitte. Geur die biefstuk met sout en peper. Voeg olie by die pan en braai die biefstuk tot bruin en gaar na jou smaak, sowat 5-6 minute. Skep biefstuk oor op bord en laat staan eenkant.

2    Gooi die ui, soetrissies, wortels en broccoli in die pan en kook sowat 7 minute of tot dit gaar maar steeds bros is.

3    Voeg die knoffel, gemmer, lemoenskil, sap, sojasous en noedels by en kook nog 2 minute.

4    Sny die biefstuk, gooi in die pan en laat goed deurwarm word. Bedien dadelik.

- Hope Malau