Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur 15 minute

30 ml (2 e) meel

sout en peper

1 kg beesvleis-ghoelasj-blokkies

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

50 g korma-kerriepasta

15 ml (1 e) suiker

250 ml (1 k) beesvleisaftreksel

400 g (1 blik) klapperroom

100 g groenbone

rys en poppadums vir voorsit

geroosterde neute en gekapte vars koljander vir garnering

1 Plaas die meel in ’n plastieksak, geur met die sout en peper en voeg die beesvleis by. Maak die sak toe en skud om te bedek.

2 Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en verbruin die vleis klompie vir klompie. Skep in ’n bak uit en hou eenkant.

3 Verminder die hitte en voeg die ui en knoffel in die kastrol. Kook 5 minute of tot sag terwyl jy af en toe roer.

4 Plaas die vleis terug in die kastrol. Meng die kerriepasta, suiker en aftreksel in ’n bak en roer by die vleis in. Voeg die klapperroom by en laat prut 1 uur.

5 Voeg die bone by en laat prut 5 minute.

6 Sit voor in bakkies met die rys en poppadums en bestrooi met die neute en koljander.

- Hope Malau