Dis so ’n eenvoudige resep, maar die geur is besonders – ’n blitsplan vir besige mense.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: ’n paar minute

Staantyd: 4 uur 1 kg bruinsampioene 500 g beesvleisblokkies (kruisskyf of lende) 125 ml (½ k) terijakisous

  1. Marineer die sampioene en vleis 4 uur of oornag in die terijakisous.
  2. Ryg die vleis en sampioene afwisselend op die sosatiestokkies en braai op matige kole tot gaar.

WENKE

Gebruik die resep vir spoggerige steakrolletjies tuis. Marineer lende- of kruisstuk 4 uur of oornag en braai die steaks na gelang van jou voorkeur. Gebruik matige kole sodat die marinade nie brand nie. Sit voor met vars broodrolletjies en gebraaide uie en oondgebakte skyfies.