Genoeg vir 6 mense

Bereidingtyd: 5 minute

Weektyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 1 uur

500 g waterblommetjies

30 ml (2 e) olie

500 g beesvleis-ghoelasj-blokkies

2 uie, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

2 groen brandrissies, gekap

15 ml (1 e) suurlemoensap

500 ml (2 k) beesvleisaftreksel

sout en vars gemaalde swartpeper

1    Was die waterblommetjies en week hulle 1 uur in soutwater.

2    Verhit die olie in ’n kastrol en verbruin die beesvleis en uie terwyl jy dit soteer tot die uie sag is.

3    Roer die knoffel, brandrissies, suurlemoensap, aftreksel en gedreineerde waterblommetjies in. Laat prut 1 uur of tot die vleis sag is terwyl jy dit af en toe skud om te keer dat die vleis aan die kastrol vassit. Moet dit nie roer nie, want dit sal die waterblommetjies laat breek.

4    Geur met die sout en peper en sit voor saam met rys.

- Hope Malau