Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

15 ml (1 e) olie

500 g beesvleis, in repe gesny

1 rooi soetrissie, in skywe gesny

1 pakkie (56 g) Thaise kerriekooksous

15 ml (1 e) grondboonbotter

250 ml (1 k) geroosterde grondbone

sout en peper

125 ml (½ k) boonspruite

15 ml (1 e) vars koljander vir garnering

1    Verhit die olie in ’n groot braaipan oor hoë hitte en verbruin die beesvleisrepe. Verwyder en sit eenkant. Sit die pan terug op die stoof, verminder die hitte tot matig en voeg die soetrissie by. Roer die kerriesous en water in soos op die aanwysings op die pakkie aangedui.

2    Sit die beesvleis terug in die pan. Voeg die grondboonbotter by en laat prut 10 minute. Strooi die grondbone bo-oor en kook nog 15 minute.

3    Geur met die sout en peper en bedek met die boonspruite en koljander. Sit voor met bros brood of poppadums.

- Hope Malau