Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

500 g beesmaalvleis

5 ml (1 t) komyn, fyn gemaal

15 ml (1 e) koljander, fyn gemaal

2,5 ml (½ t) kaneel

’n hand vol gekapte pietersielie

1 ui, gerasper

1 eier, liggies geklits

1 ml (¼ t) fyn gemmer

1 ml (¼ t) rooipeper

sout en peper

200 g wit druiwe

guacamole en koeskoes vir voorsit

  1. Plaas die maalvleis, komyn, koljander, kaneel, pietersielie, ui, eier, gemmer en rooipeper in ’n groot mengbak. Geur na smaak met die sout en peper en meng tot net gemeng.
  2. Ryg 3 druiwekorrels aan ’n sosatiestok wat in die water geweek is en bedek met die maalvleis om ’n kofta te vorm.
  3. Verhit ’n braaipan tot baie warm en braai die koftas tot bruin.
  4. Sit dadelik voor met die guacamole en koeskoes.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan