. Terwyl dit in die pot prut, kan jy agteroorsit en dink aan die toebroodjies wat jy daarmee kan berei.

GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 2 uur

1 beestong

6 tamaties, gehalveer

2 uie, in skywe gesny

1 takkie roosmaryn, gekap

olie vir bedruip

sout en vars gemaalde peper

2 knoffelhuisies, gekap

160 ml (? k) mayonnaise

’n hand vol pietersielie, gekap

2 bruschettas

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Plaas die tong in ’n groot pot en bedek met water. Laat prut 2 uur en sit eenkant om af te koel.
  2. Plaas die tamaties en uie op ’n groot bakplaat. Bestrooi met die roosmaryn en bedruip met die olie. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Bak 15 min. of tot die tamaties plat is.
  3. Meng die knoffel, mayonnaise en pietersielie in ’n mengbak. Geur met die sout en vars gemaalde peper en roer tot gemeng.
  4. Trek die bolaag van die tong af en sny die tong in skywe. Pak die bruschettas op borde. Smeer die basisse met die helfte van die mayonnaise-mengsel. Vul met tamaties, ui en tong. Bedek met ’n blerts van die oorblywende mayonnaise-mengsel.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander