GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 2 uur 40 min.

Deeg

200 g bruismeel

100 g botter

sout

1 eier, geklits

115 ml koue water

Vulsel

30 ml (2 e) meel

sout en vars gemaalde peper

800 g beesvleis-ghoelasj

80 g botter

30 ml (2 e) olie

2 uie, grof gekap

300 ml stout (moutbier)

’n skeut Worcestersous

750 ml (3 k) beesvleisaftreksel

Voorverhit die oond tot 200 °C.

1.    Deeg Meng die meel, botter, sout en eier in ’n groot bak. Voeg 100 ml van die koue water by en bewerk met die hand tot ’n nie-klewerige deeg. As dit droog lyk, voeg die res van die water by. Draai in kleefplastiek toe en laat 1 uur verkoel.

2.    Vulsel Geur die meel met die sout en vars gemaalde peper. Meng die beesvleis in die meel. Verhit die helfte van die botter en olie in ’n breë braaipan. Wanneer dit begin rook, verbruin die vleis in sarsies. Skep met ’n gaatjieslepel uit.

3.    Voeg die oorblywende botter in die pan saam met die uie en ’n knippie sout en braai 20 min. oor lae hitte tot die uie sag is. Voeg die stout en Worcestersous by en laat prut.

4.    Sit die vleis terug in die pan en bedek met die aftreksel. Laat prut 2 uur of tot die vleis baie sag is terwyl jy af en toe roer. Wanneer dit gaar is, proe of dit nog geursel nodig het en laat heeltemal afkoel.

5.    Smeer ’n tertpan en skep die pasteivulsel in.

6.    Bestrooi ’n werkoppervlak liggies met meel en rol die deeg uit. Drapeer dit oor die bak en laat dit effens oorhang. Verf die deeg met eierwit en bak die pastei 30 min