Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 45 min.

750 g beesstowevleis

sout en peper

2 uie, in stukke gesny

skil van 1 suurlemoen

10 g vars tiemie

MEELMENGSEL

250 ml (1 k) meel

30 ml (2 e) braaispeserye

10 ml (2 t) knoffelpoeier

15 ml (1 e) gedroogde

gemengde kruie

VINAIGRETTE

45 ml (3 e) heuning

30 ml (2 e) suurlemoensap

30 ml (2 e) gekapte

pistachioneute

10 g vars pietersielie, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit ’n groot baksak op ’n bakplaat.

  1. Geur die vleis met die sout en peper.
  2. Meelmengsel Meng die meel, speserye, knoffel en kruie. Rol die vleis in die meelmengsel en skud die
  3. oortollige meel af.
  4. Versprei die uie en vleis in die bereide baksakkie, sprinkel die suurlemoenskil en tiemie oor en knoop toe.
  5. Bak 45 min. of langer as jy sagter vleis verkies.
  6. Vinaigrette Meng die heuning, suurlemoensap, neute en pietersielie.
  7. Geur met sout en sit voor saam met die vleis.