Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 45-50 min.

KRUIEMEEL

250 ml (1 k) koekmeel

15 ml (1 e) knoffel-enkruiespeserye

15 ml (1 e) gedroogde origanum

VLEIS

750 g bees-potjiekosvleis

sout en peper

2 uie, in stukke gesny

2 knoffelhuisies, gekap

paar takkies vars tiemie

1 x 410 g-blik-kersietamaties

80 ml ( k) tamatiesous

10 g vars basilie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Kruiemeel Meng al die bestanddele.
  2. Vleis Geur die vleis met die sout en peper en rol dit in die kruiemeel. Skud die oortollige meel af. Skud ’n bietjie van die meel in ’n groot baksakkie.
  3. Sit die baksakkie op ’n groot bakplaat en pak die uie en knoffel in die sakkie. Pak die vleis en tiemie bo-op.
  4. Meng die tamaties en tamatiesous en giet oor die vleis. Maak die sakkie toe volgens die aanwysings op die verpakking en oondbak 45-50 min. of tot die vleis sag is.
  5. Skep uit die sakkie, sprinkel die basilie oor en sit saam met geskeurde stukke ciabatta voor.