Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

Genoeg vir 6 of meer mense

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

3 knoffelhuisies, fyngedruk

3 takkies tiemie

750 g sampioene, fyn gekap

1 kg beesvleisfilet

sout en peper na smaak

15 ml (1 e) olie

60 ml (¼ k) heelkorrelmosterd

36 heel aspersies

500 g streepspekvleis

400 g bevrore skilferkorsdeeg

1 eier, geklits

1.    Voorverhit die oond tot 180°C. Verhit die olie in ’n pan en soteer die ui, knoffel en tiemie. Voeg die sampioene by en kook tot die mengsel droog is. Geur na smaak.

2.    Geur die filet en verhit ’n pan met olie. Verbruin die filet om dit te verseël en sit eenkant om af te koel.

3.    Verf die filet met mosterd. Pak die repe spekvleis op ’n stuk kleefplastiek uit sodat hulle  effens oorvleuel. Sprei die sampioenmengsel oor die spekvleis uit en pak dan die aspersies in ’n ry op die sampioenmengesel.

4.    Plaas die filet op die aspersies. Rol die filet styf met die spekvleis toe. Maak die pakkie met kleefplastiek toe en plaas dit vir 15-20 minute in die yskas.

5.    Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is in ’n reghoek  wat groot genoeg is om om die filet te pas.

6.    Haal die filet uit die kleefplastiek en plaas dit in die middel van die deeg.

7.    Verf die deeg se rande met eier, vou dit oor sodat dit die filet bedek en sny enige oortollige deeg af.

8.    Plaas op ’n bakplaat en verf met die oorblywende eier. Bak vir 30 minute of tot die  deeg ’n goue kleur het. Laat rus die beesvleis-wellington vir 10 tot 15 minute voor jy dit opdien om te sorg dat die vleis sappig bly.

- Hope Malau