Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

15 ml (1 e) olie

1 groot ui, gekap

500 g ekstramaer beesmaalvleis

10 ml (2 t) geroosterde masala

5 ml (1 t) garam masala

5 ml (1 t) fyn koljander

5 ml (1 t) blaar-masala

15 ml (1 e) tamatiepasta

5 ml (1 t) bruinsuiker

250 g bevrore gemengde groente (in blokkies gesny)

500 ml (2 k) Spekko Basmati-rys, gekook (1 k rou rys lewer 4 k gaar rys)

sout en peper

vars koljander vir garnering

1 Verhit die olie in ’n diep kastrol, voeg die ui by en soteer tot deurskynend.

2 Voeg die maalvleis bietjie-bietjie by en roerbraai tot bruin.

3 Meng die speserye met die tamatiepasta en suiker en voeg dit by die maalvleis.

4 Roer om die maalvleis met die masalamengsel te bedek, voeg die groente by, verminder die hitte en laat prut 10 minute.

5 Skakel die plaat af, maar hou die kastrol op die stoof. Voeg die rys by en roer dit deur die maalvleis tot goed gemeng.

6 Sit warm voor en garneer met die vars koljander.

- Carmen Hendricks