Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 3 uur 15 minute

1 kg afval

1 L (4 k) water

500 g beeslewer

15 ml (1 e) olie

meel vir bedek

2 uie, gekap

375 ml (1½ k) hoenderaftreksel

pap vir voorsit

1 Spoel die afval goed af onder koue lopende water.

2 Gooi die 4 k water in ’n groot kastrol, voeg die afval by en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut 3 uur.

3 Sny die harde vate van die lewer af en sny in skywe. Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte. Plaas die meel op ’n bord. Wanneer die olie warm is, rol elke skyf lewer in die meel om te bedek, panbraai 1 minuut weerskante en plaas op ’n bord.

4 Wanneer die afval sag is, dreineer die water, voeg die uie en aftreksel by en kook 15 minute. Voeg die lewer die laaste 3 minute by.

5 Sit voor met pap.

- Hope Malau