Genoeg vir 4-6 porsies

6 groot aartappels

3 eiers, geklits

100 ml meel

sout en vars gemaalde swartpeper

olie vir braai

3 speseryworsies soos chorizo

500 ml (2 k) roket

125 g briekaas, in skywe gesny

Skil die aartappels en plaas in ’n bak met koue water.

Rasper die aartappels en plaas dit in ’n groot mengbak.

Voeg die eiers, meel, sout en peper by.

Verhit die olie in ’n pan en skep groot lepels vol van die aartappelmengsel in die verhitte olie.

Braai aan albei kante tot goudbruin en gaar.

Skep die gebraaide aartappelkoekies uit, dreineer op kombuispapier en hou dit warm.

Braai die chorizoskywe ’n paar minute in dieselfde pan.

Skep twee aartappelkoekies per bord, gevolg deur roket, briekaasskywe en laastens chorizoskywe.

Herhaal met die res van die bestanddele.

Wenk: Gebruik enige soort wors van jou keuse.