’n Heerlike resep wat in almal se smaak behoort te val.  

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

FRIKKADELLE

1 sny witbrood, in stukkies gebreek, korsies verwyder

1 ui, gerasper

400 g beesmaalvleis

1 eier

’n hand vol pietersielie, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyngemaal

60 ml (¼ k) pecorinokaas, gerasper

sout en vars gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) olyfolie

SOUS

15 ml (1 e) olyfolie

½ ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyngemaal

400 g tamatiepuree

60 ml (¼ k) water

5 ml (1 t) brandrissievlokkies

15 ml (1 e) gemengde droë kruie

sout en vars gemaalde swartpeper

  1. FRIKKADELLE Plaas die brood en ui in ’n groot bak en meng. Voeg al die oorblywende bestanddele by, buiten die olyfolie. Meng goed met jou hande.
  2. Meet ’n opgehoopte eetlepel van die maalvleismengsel af en rol dit rofweg in ’n bal. Herhaal met die oorblywende mengsel.
  3. Verhit die olyfolie in ’n groot, kleefwerende braaipan oor matig hoë hitte. Voeg die frikkadelle by en verbruin oraloor. Sodra dit verbruin het, skep dit versigtig op ’n bord.
  4. SOUS Verhit die olyfolie in die braaipan. Voeg die ui en knoffel by en soteer 2 min. tot deurskynend. Voeg die oorblywende bestanddele by. Bring tot prutpunt en stel dan die hitte af tot matig laag sodat dit liggies borrel.
  5. Skep die frikkadelle versigtig in die sous. Kook die frikkadelle 10 min. terwyl jy dit af en toe omdraai en roer.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander