Dié verfrissende sop is ’n mengsel van seekos en hoender.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25 min.

1 L (4 k) hoenderaftreksel

400 g klappermelk

3 spriete sitroengras, liggies fyngedruk

10 cm vars gemmer, in skywe gesny

8 tamaties, in kwarte gesny, pitte verwyder

sap van 1 lemmetjie

80 ml (? k) tamaryn, in water geweek

3 rooi brandrissies, in dun skywe gesny

5 ml (1 t) vissous

45 ml (3 e) bruinsuiker

2 hoenderborsies, in blokkies gesny

100 g gemengde seekos

VIR VOORSIT

’n hand vol koljanderblare

’n hand vol basilieblare

  1. Gooi die aftreksel en klappermelk in ’n pot, plaas oor hoë hitte en bring tot kookpunt. Voeg die sitroengras, gemmer, tamaties, lemmetjiesap, tamarynwater en brandrissies by. Bring weer tot kookpunt, verlaag dan die hitte en laat prut 15 min.
  2. Voeg die vissous en suiker by na smaak.
  3. Voeg die hoender by en kook 5 min. of tot gaar. Voeg dan die seekos by en kook nog 2 min. of tot deurgaar.
  4. Vir voorsit Gooi die sop in bak en bedek met basilie- en koljanderblare.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller/Jacques Stander