Omskep eenvoudige vis in ’n vyfster tuisgemaakte burger. 

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 8 min.

30 g-pak enchilada-geursel

60 ml (¼ k) meel

2 eiers, geklits

100 g droë broodkrummels

4 stokvisfilette

olie, vir braai

4 wit bros broodrolletjies, middeldeur gesny

60 ml (¼ k) mayonnaise

Vir voorsit

½ iceberg-blaarslaai, versnipper

2 tamaties, in skywe gesny

1 ui, in skywe gesny

  1. Meng die geursel met die meel en ’n bietjie sout en peper in ’n bak. Plaas die eiers en die broodkrummels in afsonderlike bakke, en pak dan al drie bakke in ’n ry.
  2. Werk in sarsies: Bedek die vis in die gegeurde meel, skud enige oortollige meel af, doop dit in die eier en dan in die broodkrummels. Sit die bedekte vis op ’n bord.
  3. Giet genoeg olie in ’n groot braaipan sodat dit die bodem bedek. Verhit die olie oor matige hitte en braai die vis in saries tot goudkleurig en deurgaar. Dreineer op handdoekrol en geur met seesout. Hou warm in die oond.
  4. Smeer elke rolletjie met mayonnaise en bedek met ’n hand vol blaarslaai. Stapel dan jou burger op met warm vis, tamaties en ui. Sit voor saam met suurlemoenwiggies.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander