Dis ’n wonderlike piekniekresep as jy die Banting-dieet volg.

LEWER 6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 8 min.

1 kg boerewors, vleis uit omhulsel verwyder

’n hand vol koljander, gekap

3 groot wortels, gerasper

6 eiers, gekook

olie vir diepbraai

2 eiers, geklits

250 ml (1 k) droë klapper

tamatie-salsa vir voorsit

  1. Meng die boerewors, koljander, wortel en 1 geklitste eier in ’n mengbak. Verdeel in 6 balle.
  2. Druk ’n bal in die palm van jou hand plat en plaas ’n eier in die middel. Vorm die vleis om die gekookte eier tot heeltemal verseël. Herhaal met die ander balle. Verkoel ’n halfuur in die koelkas.
  3. Verhit die olie in ’n diep kastrol oor matige hitte. Haal die balle uit die yskas. Rol elkeen eers in die oorblywende geklitste eier en dan in die klapper.
  4. Skep die balle met ’n gaatjieslepel in die olie. Diepbraai hulle twee-twee 3 min.
  5. Dreineer op papierhanddoek, laat heeltemal afkoel en sit voor met tamatie-salsa.

Deur: Hope Malau

Foto: David Briers