Hierdie basiese uiesous is ’n goeie pasmaat vir varkvleis. Voeg fyngedrukte speserysade by om dit meer geur te gee.

GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 35 min.

UIESOUS

6 rooi-uie, in skywe gesny

15 ml (1 e) meel

30 ml (2 e) bruinsuiker

30 ml (2 e) balsemieke asyn

500 ml (2 k) beesvleisaftreksel

sout en vars gemaalde peper

WORS

30 ml (2 e) olyfolie

10 varkworsies

brood vir voorsit

  1. Uiesous Braai die uie in ’n groot braaipan oor matige hitte tot dit versag en soet en romerig word.
  2. Voeg die meel by en roer om die uie te bedek. Voeg die suiker, balsemieke asyn en aftreksel by. Laat 20 min. liggies prut en geur.
  3. Wors Plaas ’n pan oor matige hitte, voeg die olyfolie in en verbruin die worsies 10 min. of tot gaar.
  4. Sit die wors en uie-sous voor op snye brood.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander