Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

15 ml (1 e) olie

2 uie, fyn gekap

15 ml (1 e) kerriepoeier

5 ml (1 t) paprika

400 g blik gekapte tamaties

250 ml (1 k) water

1 blokkie beesvleisaftreksel

15 ml (1 e) tamatiepasta

400 g boerewors, gerooster

6 worsbroodjies

’n hand vol koljander vir garnering

Verbruin die uie tot sag in ’n pan met verhitte olie. Voeg die kerriepoeier en paprika by en braai 2 min. terwyl jy aanhoudend roer.

Voeg die tamaties en water by en bring tot kookpunt. Voeg die blokkie beesvleisaftreksel by, verminder die hitte en laat prut 5 min.

Voeg die tamatiepasta by en laat prut 10 min. terwyl jy aanhoudend roer tot verdik. Sit die pikante tamatiesmoor voor saam met ’n boereworsrolletjie en garneer met koljander.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan