As jy soggens lus is vir iets soets, is hierdie net die ontbyt vir jou. Bedek dit met gerasperde kaas as jy wil.

GENOEG VIR 2-4 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

4 eiers

60 ml (¼ k) melk

4 dik snye brood

250 g spekvleis

15 ml (1 e) suiker

esdoringstroop, vir voorsit

  1. Klits die eiers en melk saam in ’n bak. Week die brood in die eiermengsel.
  2. Verhit ’n kleefwerende braaipan oor matige hitte en voeg ’n blerts botter in.
  3. Braai die brood 3 min. weerskante tot goudbruin.
  4. Braai die spekvleis in ’n aparte pan oor matige hitte. Wanneer dit amper gaar is,
  5. Wanneer die Franse roosterbrood gaar is, sit dit saam met die spekvleis voor en bedruip dit met esdoringstroop.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander