Genoeg vir 6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

450g (3 k) broodmeel, gesif

10 g droë gis

2,5 ml (½ t) sout

310 ml (1¼ k) warm water

125 ml (½ k) olyfolie

ekstra olyfolie, vir verf

2 knoffelhuisies, fyngedruk

2 rooi brandrissies, gekap

’n hand vol roosmarynblare

  1. Meng die meel en gis in ’n groot bak. Roer die sout in. Maak ’n holte in die middel. Voeg geleidelik die water en 15 ml (1 e) olie by terwyl jy roer tot gemeng. Gebruik jou hande om ’n deeg te maak.
  2. Keer die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie 10 min. of tot dit glad en elasties is. Smeer ’n groot bak met olie en sit die deeg daarin. Bedek en sit 1 uur eenkant of tot die grootte verdubbel het.
  3. Plaas intussen die gemmer, brandrissies, roosmaryn en oorblywende olie in ’n bak. Roer tot gemeng. Geur met sout en peper. Sit 15 min. eenkant sodat die geure kan ontwikkel.
  4. Voorverhit ’n roosterpan op hoog. Verdeel die deeg in 6 porsies. Rol 1 porsie uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is om ’n skyf te vorm. Herhaal met die oorblywende deegporsies.
  5. Rooster die deegskywe 2 min. weerskante of tot gepof en geskroei. Sit dit op ’n snyplank en sny in wîe. Giet die roosmarynmengsel oor. Sit warm voor.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan