.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

Deeg

5 g gis

5 ml (1 t) suiker

100 ml louwarm water

250 ml (1 k) meel

5 ml (1 t) sout

1 eiergeel gemeng met 5 ml (1 t) water

Vulsel

300 g maalvleis, gaar

1 suurlemoen, skil

2 hande vol spinasie, gekap

5 ml (1 t) vinkelsaad

5 ml (1 t) fyn koljander

’n hand vol pietersielie

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Deeg Sit al die bestanddele in ’n bak en meng tot ’n deeg vorm. Keer dit uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie 5 min. of tot glad. Laat staanr 30 min. op ’n warm plek of tot die grootte verdubbel het.
  2. Vulsel Meng al die bestanddele in ’n bak en sit eenkant.
  3. Verdeel die deeg in die helfte en rol elkeen in ’n reghoek uit. Skep die helfte van die vulsel in die middel van elkeen. Vou dan albei kante oor terwyl jy ’n gaping in die middel los en knyp die punte saam.
  4. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat, verf met die eierwas en bak 10 min. of tot goudkleurig.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller