Genoeg vir 2-3 mense

Bereiding: 10 min.

Bak: 20 min.

1 x 400 g-blik Mexikaanse tamatiesmoor

5 ml (1 t) komyn

1 x 400 g-blik rooi nierbone, goed gedreineer

200 g gepluisde gaar hoender (opsioneel)

125 ml (½ k) gekapte koljanderblare

1 x 200 g-pak mielieskyfies

1 rooi-ui, in ringe gesny

250 ml (1 k) mozzarella, gerasper

250 ml (1 k) cheddar, gerasper

VIR VOORSIT

1 ryp avokado, in blokkies gesny

’n paar skeppe natuurlike volroomjogurt

koljanderblare

Voorverhit oond tot 180 °C.

1. Verhit die tamatiesmoor en komyn in ’n pan tot warm. Voeg die bone, hoender (indien gebruik) en koljanderblare by en laat prut 5 min. tot warm.

2. Sprinkel ’n laag mielieskyfies onder in ’n kleefvrye pan wat in die oond gebruik kan word.

3. Skep die tamatiesmoor bo-oor.

4. Sprinkel die ui en kase bo-op.

5. Bak sowat 20 min. tot die kaas borrel en lekker gesmelt is.

6. Skep hopies jogurt en avokado bo-op en rond met die koljanderblare af. Eet dadelik.

Resep en stilering: Carmen Niehaus

Foto's: Misha Jordaan