GENOEG VIR 4 MENSE

Gaarmaak: 20 min.

Bereiding: 10 min.

45 ml (3 e) olyfolie

30 g botter

2 uie, in repies gesny

4 knoffelhuisies, fyn gekap

30 ml (2 e) harissapasta

300 g varkmaalvleis

700 g kersietamaties, gehalveer

250 ml hoenderaftreksel

400 g dun groenbone

hand vol koljander, gekap

sout en vars gemaalde peper

  1. Verhit die olie en botter in ’n groot braaipan. Roerbraai die uie, knoffel, harissapasta en maalvleis 5 min. of tot goudbruin.
  2. Voeg die tamaties en hoenderaftreksel by. Verminder die hitte en laat prut tot die tamaties sag is.
  3. Plaas die groenbone in ’n pot gevul met water en laat kook 8 min. of tot gaar. Haal uit en plaas in yskoue water.
  4. Roer die koljander by en geur die maalvleis met die sout en vars gemaalde peper. Sit die boontjies saam met die maalvleis voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander