GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 5 min.

200 g donkersjokolade, grof gekap

200 g botter, versag

70 g haselneute, gekap

1 x blik kondensmelk (395 g)

  1. Plaas die sjokolade in ’n hittebestande bak oor ’n pan water wat liggies prut en roer af en toe tot gesmelt.
  2. Verwyder van die hitte en roer die botter, neute en melk in tot goed gemeng.
  3. Skep in ’n fles en laat verkoel in die koelkas tot gereed om op gesnyde brood te smeer.

Deur Hope Malau

Foto's: Jacques Stander