Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaaktyd: 25 min.

8 snye witbrood

botter vir smeer

80 ml (1/3 k) tamatiesous

125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper

8 skywe ham

½ groen soetrissie, in skywe gesny

100 g sampioene, in skywe gesny

50 g cheddarkaas, gerasper

1.    Smeer elke sny brood met die botter.

2.    Sit vier snye met die botterkant na onder neer. Smeer met die tamatiesous en bedek met die kaas, ham, soetrissie, sampioene en cheddarkaas. Bedek met die oorblywende snye brood met die botterkant na bo.

3.    Plaas ’n toebroodjie in ’n jafelyster en braai sowat 3 min. weerskante oor ’n braaier of matige vlam op ’n gasstoof. Sit dadelik voor.

Deur Hope Malau:

Foto: Jacques Stander