Maak ’n fles van lae groente en lensies vir middagete by die werk.

GENOEG VIR 2-4

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 25 min.

4 eiervrugte, in dik skywe gesny

45 ml (3 e) olyfolie

sout en peper

400 g lensies, gedreineer

125 ml (½ k) songedroogde tamaties, gekap

’n hand vol basilieblare

15 ml (1 e) asyn

125 g fetakaas, grof gekrummel

200 g beestong, in skywe gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Plaas die eiervrug op ’n bakplaat en verf met olie. Geur met sout en peper en rooster 25 min. of tot sag. Sit eenkant om af te koel.
  2. Meng die lensies, sondroë tamaties, basilie en asyn en sit eenkant.
  3. Pak die eiervrug in 2-4 flesse en bedek met lensiemengsel, kaas en tong.
  4. Verseël en sit voor wanneer nodig.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander