GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 3 min.

Gaarmaak: 15 min.

500 g beesmaalvleis

½ ui, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) brandrissiepoeier

1 x blik gekapte brandrissietamaties (400 g)

1 x blik brandrissiesousbone (400 g)

1 x blik tamatiepuree (400 g)

  1. Verhit ’n groot kastrol oor matige tot hoë hitte. Voeg die beesmaalvleis, ui en knoffel in. Braai 5 min. terwyl jy roer of tot die beesvleis gekrummel is en nie meer pienk nie.
  2. Roer die brandrissiepoeier in. Voeg die tamaties, brandrissiesousbone en tamatiepuree by en bring tot kookpunt. Verminder die hitte tot matig tot laag en laat prut 10 min.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander