Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 30 min.

30 ml (2 e) olie

1 ui, fyn gekap

1 groen soetrissie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

500 g beesmaalvleis

80 ml (? k) tamatiesous

400 g-blik tamatiepuree

250 ml (1 k) beesvleisaftreksel

15 ml (1 e) appelasyn

15 ml (1 e) bruinsuiker

’n knippie rooipeper

sout en swartpeper

4 bros rolletjies

  1. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die ui en soetrissie tot sag. Roer die knoffel in, voeg die maalvleis by en verhoog die hitte.
  2. Braai terwyl jy met ’n houtlepel roer om die maalvleis op te breek tot die vleis van kleur verander.
  3. Voeg die oorblywende bestanddele by terwyl jy goed roer. Verlaag die hitte en laat prut 20 min. onbedek of tot die vleis sag is. Geur na smaak.
  4. Sny elke rolletjie oop en skep maalvleis in. Sit voor soos ’n hamburger.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander