Kerrie is altyd ’n groot gunsteling.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25 min.

MARINADE

125 ml (½ k) gewone jogurt

5 ml (1 t) borriepoeier

10 ml (2 t) garam masala

2,5 ml (½ t) cayennepeper

5 ml (1 t) fyn komyn

15 ml (1 e) vars gemmer, gerasper

2 knoffelhuisies, fyngedruk

8 hoenderborsies, in blokkies gesny

KERRIE

15 ml (1 e) olie

400 g tamatiepuree

15 ml (1 e) suiker

sout en vars gemaalde swartpeper

250 ml (1 k) room

60 g botter

  1. MARINADE Plaas al die bestanddele buiten die hoender in ’n verwerker. Verwerk tot glad. Voeg die hoenderstukke by en laat staan 1 uur of oornag.
  2. KERRIE Verhit die olie in ’n pan oor hoë hitte. Voeg die hoender by wat met die marinade bedek is by en braai 3 min. Voeg die tamatiepuree, suiker, sout en peper by.
  3. Verlaag die hitte tot laag en laat dit 20 min. prut. Roer die room en botter deur en verwyder dan van die hitte.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander