Hierdie aartappelskille is so lekker, jy sal dalk die resep moet verdubbel.

GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

6 aartappels, gebak

VULSEL

250 g gewone maaskaas

250 g strepiespek, gekap en gaargemaak

1 brandrissie, fyn gekap

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

sout en vars gemaalde peper

BOLAAG

250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Halveer die gebakte aartappels en skep die vlees uit. Bedruip die aartappelskille met die olyfolie, plaas op ’n bakplaat en bak 10 min. tot bros en goudkleurig.
  2. VULSEL Meng al die vulselbestanddele in ’n bak. Vul die aartappelskille met die vulsel.
  3. BOLAAG Bestrooi die aartappelskille met mozzarellakaas, plaas op ’n bakplaat en dan in die oond. Bak die aartappelskille 10 min. tot die kaas gesmelt het en die vulsel warm is. Haal uit die oond en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander